Die Huidige Hemel en die Toekomstige Hemel (The Present Heaven and Future Heaven)

Die Huidige Hemel en die Toekomstige Hemel

('n Uittreksel uit Die Hemel: Verkorte weergawe van “Heaven”)

Wat ons gewoonlik aan dink wanneer ons die woord Hemel hoor is wat teoloë na verwys as die tussentydse Hemel.  Vir Christene is dit waarheen ons gaan wanneer ons dood gaan.  Dit is die plek waar ons sal woon totdat ons liggame opgewek word.

Ons Christen geliefdes wat al gesterf het is nou in hierdie, huidige, tydelike Hemel.  (Hierdie is nie dieselfde as die onbybelse konsep van ʼn vagevuur nie.  Die Bybel leer ons dat Christus die volle prys betaal het vir die kwytskelding van ons sondes, en ons kan dus niks doen om iets daarby te voeg nie.).

Die Hemel waarheen ons gaan wanneer ons dood gaan is ʼn plek sonder lyding, maar dit is nie die plek waar ons vir ewig gaan woon nie.  Ons ewige tuiste, waarheen God sal neerdaal om in ons midde te wees, word genoem die Nuwe Aarde (Openbaring 21:1).

Wanneer die geskiedenis van die mens volbring is sê die Bybel met verwysing na die Nuwe Aarde, “Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God” (Openbaring 21:3).  Aangesien die Hemel, by definisie, die woonplek van God is, maak die feit dat Hy gaan neerdaal om saam met ons op die Nuwe Aarde te woon dit sinoniem met die Hemel.

Ons dink gewoonlik om Hemel toe te gaan is om ons plek te verlaat en na ʼn ryk van engele te gaan en by God in sy plek te woon.  Maar die Bybel sê dat die uiteindelike Hemel sal wees wanneer God gaan neerdaal van sy plek om saam met ons in ons plek, die Nuwe Aarde, te woon.

Emmanuel, een van die name van Christus, beteken nie “ons met God nie”; dit beteken “God met ons.”  Waar gaan Hy saam met ons wees?  Op die Nuwe Aarde.

Ons het al gehoor daar word gesê, “Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie.”  Dit is waar, maar dis net ʼn halwe waarheid.  Ons behoort dit te kwalifiseer deur te sê, “Hierdie wêreld – die aarde soos wat dit nou is, onder die vloek van sonde – is nie ons tuiste nie.”  Ons behoort ook te sê, “Hierdie wêreld – die aarde soos wat dit eens was, voor sonde en die vloek van sonde – was ons tuiste.”  En ons behoort by te voeg, “Hierdie wêreld – die aarde soos wat dit eendag sal wees, verlos van sonde en die vloek van sonde – sal ons tuiste wees.”

In die tussentydse Hemel sal ons saam met Christus wees, en ons blydskap sal volkome wees, maar dit sal nie ons permanente tuiste wees nie.  Ons sal uitsien na die opstanding van ons liggame en ons vertrek na die Nuwe Aarde.  (Ons geliefdes sal nie die Nuwe Aarde bewoon voor ons nie.  Ons sal saam gaan om die Nuwe Aarde te bewoon.)

Die idee dat ons ʼn ontliggaamde toestand tegemoet gaan pas by Platoïsme en Oosterse mistiek, maar nie by die Christendom nie.  Die Skrif sê daar is ʼn opstanding, trouens as daar nie was nie sou ons die ellendigste van alle mense wees (1 Korinthiërs 15:17-19).  Op die Nuwe Aarde, word vir ons gesê, sal daar “geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien” (Openbaring 22:3).  God is die soewereine heerser, en alle valse gode sal neergewerp word.  Satan sal vir ewig onttroon word.  Mense wat God verwerp sal vir ewig onttroon word.  God sal permanent op sy troon wees.  Die Onse Vader gebed sal dramaties beantwoord word: “laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in hemel net so ook op die aarde” (Matthéüs 6:10).

ʼn Geregverdige mensdom, deur God op die troon geplaas om vanuit Eden oor die aarde te regeer, maar deur hulle eie sonde en Satan onttroon is, sal vir ewig deur God op die troon geplaas wees.  “En hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid” (Openbaring 22:5).  God se volk sal saam met Hom op aarde regeer, nie net vir ʼn duisend jaar lank nie maar vir ewig.  Soos die engel vir Daniël gesê het, toe hy praat van ʼn aardse koninkryk wat die teenswoordige koninkryke van die aarde gaan vervang,  “En die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in alle ewigheid, ja, tot in alle ewigheid” (Daniël 7:18).  Christus sal die onbetwiste, absolute heerser van die heelal wees.  Daarna, nadat alles aan Hom onderwerp is, sal Hy die koninkryk aan die Vader oorgee (1 Korinthiërs 15:28).  Verloste mense sal God se onbetwiste, gedelegeerde heersers van die Nuwe Aarde wees.  God en die mensdom sal in ewige geluk saam leef, hulle verhoudings vir ewig verdiep, namate die heerlikheid van God elke aspek van die nuwe skepping deurdring.

So sal die volk van God, volgens die Bybel, heers oor ʼn nuutgemaakte heelal, vanuit ʼn nuutgemaakte Aarde, met ʼn nuutgemaakte Jerusalem as die hoofstad.  Lees sorgvuldig Openbaring 21-22 en baie ander skrifgedeeltes, en jy sal ontdek dat ons gaan eet, drink, werk, aanbid, leer, reis, en baie ander dinge ondervind wat ons nou doen.

Verwysings na “nasies” op die Nuwe Aarde dui aan dat beskawings nuutgemaak sal word, asook menslike kulture met onderskeidende etniese kenmerke (Openbaring 21:24,26).  Die boom van die lewe sal in die middel van die stad wees, net so werklik as in Eden, en ons sal kan eet van ʼn wye verskeidenheid van vrugte (Openbaring 22:1-2).  ʼn Groot rivier sal deur die stad vloei.  Beide die natuur en menslike kultuur sal deel wees van die Nuwe Aarde.

God het verkies om dit so te maak dat nie net fisiese mense op die Nuwe Aarde leef nie, maar Hy het verkies om ʼn mens te word op daardie selfde Aarde.  Hy het dit gedoen om die mensdom en die Aarde te verlos, en om vir ewig die teenwoordigheid van mense te geniet in ʼn wêreld vir hulle gemaak – ʼn wêreld wat die Nuwe Aarde genoem word (Jesaja 65:17; 66:22).  Dit is waarna ons behoort uit te sien (2 Petrus 3:13).

Ons het nog nooit ʼn Aarde geken sonder sonde, swaarkry, en die dood nie – tog hunker ons daarna.  God sê dat die wêreld wat ons – en die ganse skepping – na hunker, ʼn wêreld vrygemaak van die vloek van sonde, eendag ons s'n sal wees om in te leef … vir ewig (Romeine 8:19-23).

 

The Present Heaven and Future Heaven

(An excerpt from Heaven Booklet)

What we usually think of when we hear the word Heaven is what theologians call the intermediate Heaven. For Christians, it’s where we go when we die. It’s the place we’ll live until our bodily resurrection.

Our Christian loved ones who’ve died are now in this present, intermediate Heaven. (This is not the same as purgatory, which is not a biblical concept. The Bible teaches that Christ paid the complete price for our atonement, and thus we can do nothing to add to it.)

The Heaven we go to when we die is a place without suffering, but it is not the place where we’ll live forever. Our eternal home, where God will come down to dwell among his people, is called the New Earth (Revelation 21:1).

At the culmination of human history, we’re told in reference to the New Earth, “The dwelling of God [will be] with men, and he will live with them. They will be his people, and God himself will be with them and be their God” (Revelation 21:3). Since Heaven is, by definition, God’s dwelling place, the fact that he will come down to dwell with us on the New Earth will make it synonymous with Heaven.

Often we think of going to Heaven as departing from our place into an angelic realm to live with God in his place. But the Bible says that in the ultimate Heaven God will come down from his place to live with us in our place, the New Earth.

Immanuel, one of the names of Christ, does not mean “us with God”; it means “God with us.” Where will he be with us? On the New Earth.

We’ve heard it said, “This world is not our home.” That’s true, but it’s a half truth. We should qualify it by saying, “This world—the earth as it now is, under the Curse—is not our home.” But we should also say, “This world—the earth as it once was, before sin and the Curse—was our home.” And we should add, “This world—the earth as it one day will be, delivered from sin and the Curse—will be our home.”

In the intermediate Heaven, we’ll be with Christ, and we’ll be joyful, but it won’t be our permanent home. We’ll be looking forward to our bodily resurrection and relocation to the New Earth. (Our loved ones won’t go to the New Earth before we get there. We’ll go together to colonize the New Earth.)

The idea that we’ll go to a disembodied state fits with Platonism and Eastern mysticism, but not with Christianity. Scripture says that there is a resurrection, but if there weren’t, we would be of all people most to be pitied (1 Corinthians 15:17-19).

On the New Earth, we’re told, “No longer will there be any curse. The throne of God and of the Lamb will be in the city, and his servants will serve him” (Revelation 22:3). God is the sovereign ruler, and all false gods will be taken down. Satan will be eternally dethroned. People who reject God will be eternally dethroned. God will be permanently enthroned. The Lord’s prayer, prayed countless millions of times over the centuries, will be dramatically answered: “Thy kingdom come, thy will be done on earth as it is in Heaven.”

Righteous human beings, enthroned by God to reign over the earth from Eden but dethroned by their own sin and Satan, will be re-enthroned forever with God. “And they will reign for ever and ever” (Revelation 22:5). God’s people will reign with him on the earth, not only for a thousand years but forever. As the angel said to Daniel, speaking of an earthly kingdom that will replace the current earth’s kingdoms, “The saints of the Most High will receive the kingdom and will possess it forever—yes, for ever and ever” (Daniel 7:18). Christ will become the unchallenged, absolute ruler of the universe. Then he will turn over to his Father the kingdom he has won (1 Corinthians 15:28). Redeemed humans will be God’s unchallenged, delegated rulers of the New Earth. God and humanity will live together in eternal happiness, forever deepening their relationships, as the glory of God permeates every aspect of the new creation.     

So, according to the Bible, God’s people will reign over a resurrected universe, centered on a resurrected Earth, with a resurrected Jerusalem as its capital city. Carefully read Revelation 21–22 and many other passages, and you’ll discover that we’ll eat, drink, work, worship, learn, travel, and experience many of the things we do now.

References to “nations” on the New Earth suggest that civilizations will be resurrected, including human cultures with distinctive ethnic traits (Revelation 21:24, 26). In the middle of the city will be the tree of life, just as physical as it was in Eden, and we will eat a wide variety of fruits (Revelation 22:1-2). A great river will flow through the city. Both nature and human culture will be part of the New Earth. 

God chose not only to make physical humans to live on a physical Earth, but he chose to become a man on that same Earth. He did this to redeem mankind and the earth, and to enjoy forever the company of human beings in a world made for them—a world called the New Earth (Isaiah 65:17; 66:22). That world is what we are to be looking forward to (2 Peter 3:13).

We have never known an Earth without sin, suffering, and death—yet we yearn for it. God tells us that the world we—and all creation—long for, a world delivered from the Curse, will one day be ours to live in . . . forever (Romans 8:19-23).

Photo: Unsplash

Randy Alcorn (@randyalcorn) is the author of over sixty books and the founder and director of Eternal Perspective Ministries