Verbeel jou jy is deel van ‘n NASA-span wat gereed maak vir ‘n vyfjaar-sending na Mars. Na ’n tyd van lang, intense opleiding breek die dag van lansering uiteindelik aan. Terwyl die vuurpyl opstyg, vra een van jou mede-ruimtevaarders, “Wat weet jy van Mars?”
Verbeel jou jy trek jou skouers op en sê, “Niks. Ons het nooit daaroor gesels nie. Ek skat ons sal uitvind as ons daar kom.” Dis ondenkbaar dat jou opleiding nie ‘n uitgebreide studie van en voorbereiding vir jou uiteindelike bestemming sou insluit nie. Tog is daar in kweekskole, Bybelskole en kerke regoor die wêreld baie min onderrig oor ons uiteindelike bestemming: die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde. Ons leer hoe om in die Hemel te kom, en dat dit ‘n beter plek as die Hel is, maar ons word merkwaardig min oor die Hemel self geleer.
Is die Hemel van Vandag en die Ewige Hemel Verskillend?
Vir die apostel Paulus was dit belangrik dat ons moet weet wat gebeur wanneer ons sterf: “Broers, ons wil nie hê dat julle onkundig moet wees oor diegene wat ontslaap het nie, sodat julle nie treur soos die ander mense wat nie hoop het nie” (1 Thessalonisense 4:13).
Mense dink gewoonlik aan die “Hemel” as die plek waarheen Christene gaan wanneer hulle sterf. Maar dit verhoed dat ons belangrike Bybelse onderskeidings verstaan. ‘n Beter definisie verduidelik dat die Hemel God se sentrale woonplek is, die plek van sy troon vanwaar Hy die heelal regeer.
Dit is nie bekend presies waar die Hemel tans is nie, maar daar word vir ons vertel dat die toekomstige Hemel op die Nuwe Aarde sal wees, waar God sal neerdaal om saam met sy mense te woon (Openbaring 21:3). Die huidige Hemel is ‘n oorgangsplek tussen gelowiges se vorige lewens op Aarde en toekomstige opstandingslewens op die Nuwe Aarde.
Lewe in die Hemel waarheen ons gaan wanneer ons sterf is “baie beter” as om hier op Aarde onder die Vloek te leef, weg van die direkte teenwoordigheid van God (Filippense 1:23). Maar hoewel dit 'n wonderlike plek sal wees, is die huidige Hemel nie die plek waarvoor ons gemaak is nie, die plek wat God beloof om vir ons nuut te maak om vir ewig in te woon. God se kinders is bestem vir die lewe as opgestane wesens op 'n opgestane Aarde.
Openbaring 21:1 sê, “Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het tot niet gegaan, en die see bestaan nie meer nie.” Sodra ons ophou glo dat die Hemel nie kan verander nie, maak alles sin. God verander nie; Hy is onveranderlik. Maar God stel dit duidelik dat die Hemel sal verander. Dit sal uiteindelik verplaas word na die Nuwe Aarde.
Hoe Gaan die Nuwe Aarde en die Lewe Daar Wees?
Efesiërs 1:10 sê God se plan is “om die volheid van die tye te bestuur, en om alle dinge — die dinge in die hemel en die dinge op die aarde — onder een Hoof in Christus saam te bring.” Net soos God en mens vir ewig in Jesus verenig sal wees, sal die Hemel en Aarde vir ewig verenig wees in die nuwe fisiese heelal, waar ons sal leef as opgestane mense.
God sal saam met ons op die Nuwe Aarde woon. Dit sal alle dinge in die Hemel en op Aarde bymekaar bring. “Ek het toe 'n harde stem van die troon af hoor sê: ‘Kyk, God se woonplek is by die mense. En Hy sal by hulle woon; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God’” (Openbaring 21:3). Ons sal saam met ons Here Jesus, die bron van alle vreugde en geluk, leef en regeer en dien.
Om in opgestane liggame op 'n opgestane Aarde in opgestane vriendskappe te wees, 'n opgestane kultuur saam met die opgestane Jesus te geniet — dit sal nou die beste partytjie ooit wees! Almal sal wees wie God hulle gemaak het om te wees — en niemand van ons sal ooit weer ly of sterf nie.
Die mens is ontwerp om tot God se eer op Aarde te leef. Dis presies wat Christus se inkarnasie, dood en opstanding verseker het—’n hernieude mensdom op ’n hernieude Aarde.
Iets wat maklik misverstaan word oor die ewige Hemel is dat dit onbekend sal wees. Maar dit kan nie verder van die waarheid wees nie. Wanneer ons hoor dat ons nuwe liggame in die Hemel sal hê en op 'n Nuwe Aarde gaan woon, moet ons verstaan wat die woord nuut beteken — 'n herstelde en vervolmaakte weergawe van ons bekende liggame en ons bekende Aarde en ons bekende verhoudings.
Hoe Beïnvloed Verlange na Ons Ewige Tuiste Ons Tans?
Nadat hy gesê het dat “ons uitsien na ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde, die tuiste van geregtigheid,” voeg Petrus dadelik by, “Maar ons verwag, volgens sy belofte, nuwe hemele en 'n nuwe aarde, waar geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, omdat julle hierdie dinge verwag, streef ernstig daarna om deur Hom in vrede, vlekkeloos en onberispelik bevind te word” (2 Petrus 3:13-14).
Deur te weet dat ons vir ewig as opgestane mense op 'n Nuwe Aarde sal leef, help ons om te besef dat die keuses wat ons vandag maak, insluitend keuses van persoonlike heiligheid — en hoe ons teenoor ander optree — 'n onuitwisbare merk op die ewigheid sal maak. God kyk. Hy hou dop. Jesus het gesê dat Hy ons in die Hemel sal beloon vir dade van getrouheid aan Hom, tot so ver as elke beker koue water wat ons in sy Naam aan die behoeftiges gegee het (sien Markus 9:41).
Lewe op Aarde maak saak, nie omdat dit ons enigste lewe is nie, maar juis omdat dit nie is nie — dis die begin van 'n lewe wat sal voortduur op 'n hernieude Aarde. Wat God oor ons toekoms sê, stel ons in staat om ons verlede te interpreteer en Hom in ons hede te dien.
Of jy nou ‘n span afrig, jong mense mentor, 'n weduwee se gras sny, opstaan vir ongebore kinders, rasseversoening verdedig, korttermyn-sendingreise onderneem, of 'n groot gedeelte van jou inkomste aan sending of binnestedelike werk gee — as jy dit deur Christus se krag doen, bring jy 'n voorsmakie van die Nuwe Aarde wat kom na die huidige Aarde wat ly.
Ons moenie die dwingende werklikheid vergeet dat ons burgers van twee ryke is, wat eendag saamgevoeg sal word — ’n Nuwe Hemel en ’n Nuwe Aarde, ondeelbaar en onder die ewige heerskappy van Christus. Op daardie Aarde sal ons met tevredenheid en dankbaarheid terugkyk na die verskil wat ons, deur God se genade, op hierdie Aarde kon maak.
Ons huidige perspektief word beïnvloed deur die werklikheid dat die opstanding op God se kinders wag. Dit beteken dat ons hoogtepunte nooit oortref sal word nie. Die beste lê nog voor! Geen wenslysies is nodig nie, want die avonture wat in die Nuwe Hemel en op die Nuwe Aarde vir ons wag, sal die grootste opwinding van hierdie lewe ver oortref. Net wanneer ons dink “dit kan nie beter word as dit nie”... sal dit.
Vir nog antwoorde op vrae oor die ewigheid, sien Randy se boek Everything You Always Wanted to Know About Heaven asook sy omvattende boek Heaven en oordenking 50 Days of Heaven.
Our Best Life Yet to Come: The New Earth, Our Eternal Home
Imagine you’re part of a NASA team preparing for a five-year mission to Mars. After a period of extensive training, the launch date finally arrives. As the rocket lifts off, one of your fellow astronauts asks, “What do you know about Mars?”
Envision shrugging your shoulders and saying, “Nothing. We never talked about it. I guess we’ll find out when we get there.” It’s unthinkable, isn’t it? It’s inconceivable that your training wouldn’t have included extensive study of and preparation for your ultimate destination. Yet in seminaries, Bible schools, and churches around the world, there's very little teaching about our ultimate destination: the New Heavens and New Earth. We’re told how to get to Heaven, and that it’s a better destination than Hell, but we’re taught remarkably little about Heaven itself.
Are the Present Heaven and the Eternal Heaven Different?
The apostle Paul considered it vital for us to know what happens when we die: “Dear brothers and sisters, we want you to know what will happen to the believers who have died” (1 Thessalonians 4:13, NLT).
People usually think of “Heaven” as the place Christians go when they die. But this keeps us from understanding important biblical distinctions. A better definition explains that Heaven is God’s central dwelling place, the location of his throne from where he rules the universe.
The exact location of the present Heaven is unknown, but we’re told the future Heaven will be located on the New Earth, where God will come down to live with his people (Revelation 21:3). The present Heaven is a place of transition between believers’ past lives on Earth and future resurrection lives on the New Earth.
Life in the Heaven we go to when we die is “far better” than living here on Earth under the Curse, away from the direct presence of God (Philippians 1:23). But although it will be a wonderful place, the present Heaven is not the place we’re made for, the place God promises to refashion for us to live in forever. God’s children are destined for life as resurrected beings on a resurrected Earth.
Revelation 21:1 says, “Then I saw a new heaven and a new earth, for the old heaven and the old earth had disappeared.” Once we abandon our assumption that Heaven cannot change, it all makes sense. God doesn’t change; he’s immutable. But God clearly says that Heaven will change. It will eventually be relocated to the New Earth.
What Will the New Earth and Life There Be Like?
Ephesians 1:10 says that God’s plan is “to unite all things in him, things in heaven and things on earth.” Just as God and man will be forever united in Jesus, so Heaven and Earth will forever be united in the new physical universe, where we’ll live as resurrected people.
God will live with us on the New Earth. That will bring all things in Heaven and on Earth together. “And I heard a loud voice from the throne saying, ‘Behold, the dwelling place of God is with man. He will dwell with them, and they will be his people, and God himself will be with them as their God’” (Revelation 21:3). We’ll live and rule and serve with our Lord Jesus, the source of all joy and happiness.
To be in resurrected bodies on a resurrected Earth in resurrected friendships, enjoying a resurrected culture with the resurrected Jesus—now that will be the ultimate party! Everybody will be who God made them to be—and none of us will ever suffer or die again.
Mankind was designed to live on the Earth to God’s glory. That’s exactly what Christ’s incarnation, death and resurrection secured—a renewed humanity upon a renewed Earth.
A common misunderstanding about the eternal Heaven is that it will be unfamiliar. But that couldn’t be further from the truth. When we hear that in Heaven we’ll have new bodies and live on a New Earth, this is how we should understand the word new—a restored and perfected version of our familiar bodies and our familiar Earth and our familiar relationships.
How Does Longing for Our Eternal Home Affect Us Now?
After saying “we are looking forward to a New Heaven and a New Earth, the home of righteousness,” Peter immediately adds, “So then, dear friends, since you are looking forward to this, make every effort to be found spotless, blameless and at peace with him” (2 Pet. 3:13-14).
Knowing we’ll live forever as resurrected people on a New Earth helps us realize that the choices we make today, including choices of personal holiness—and how we act toward others—will make an indelible mark on eternity. God is watching. He’s keeping track. Jesus said that in Heaven He’ll reward us for acts of faithfulness to Him, right down to every cup of cold water we’ve given to the needy in His name (see Mark 9:41).
Life on Earth matters, not because it’s the only life we have, but precisely because it isn’t—it’s the beginning of a life that will continue without end on a renewed Earth. What God says about our future enables us to interpret our past and serve Him in our present.
Whether it’s coaching a team, mentoring young people, mowing a widow’s lawn, standing up for unborn children, working for racial reconciliation, going on short-term missions trips, or giving a large portion of your income to missions or inner-city work—If you’re doing it through Christ’s power you’re bringing a foretaste of the coming New Earth to this current, hurting Earth.
We shouldn’t forget the compelling reality that we’re citizens of two realms, which will one day be consolidated into one—a New Heaven and a New Earth, indivisible and under the eternal rule of Christ. On that Earth, we’ll look back with satisfaction and gratitude at the difference, by God’s grace, we were able to make on this Earth.
Our perspective today is informed by the reality that resurrection awaits God’s children. This means we’ll never pass our peaks. The best is yet to come! No need for bucket lists, because the adventures awaiting us in the New Heavens and on the New Earth will far exceed the greatest thrills of this life. Right when we think “it can’t get any better than this”…it will.
For more answers to questions about eternity, see Randy’s book Everything You Always Wanted to Know About Heaven as well as his comprehensive book Heaven and devotional 50 Days of Heaven.