Ek het nege boeke geskryf. Gestel jy kon onderhoude voer met karakters in my boeke. As jy vir hulle sou vra, “Sou jy minder wou ly?” is ek seker hulle sou antwoord, “Ja!”
Ek empatiseer met my karakters. Maar as die skrywer weet ek dat al hul lyding uiteindelik die moeite werd sal wees, aangesien dit van kritieke belang is vir hulle groei en vir die verhaal van verlossing.
God het elkeen van ons by sy storie ingeskryf. Ons is deel van iets veel groter as onsself. God roep ons op om Hom te vertrou om daardie storie saam te weef, sodat ons Hom, aan die einde wat nooit sal eindig nie, sal aanbid, verstom oor die blote genialiteit van sy verweefde storielyne.
Sinnelose Pyn?
Maar soos my fiktiewe karakters wat nie ‘n idee het van my strategieë nie, het ons nie die perspektief om te sien hoe dele van ons lewens in God se groot plan pas nie. Kanker, gestremdhede, ongelukke en ander verliese en hartseer voel verwoestend sinneloos.
Net omdat ons geen punt in lyding sien nie, beteken egter nie dat daar nie ‘n punt is nie. Joni Eareckson Tada vier haar vyftigste jaar in 'n rolstoel. Klink vier na die verkeerde woord? Dit sou beslis wees vir Joni as 'n 17-jarige wees wat desperaat haar lewe wou beëindig. As ons terug kyk sien ons egter haar toenemende karaktergroei en die tallose lewens — my familie s'n ingesluit — wat God deur Joni aangeraak het. Die Skrif leer ons dat, in ons soewereine God se liefdevolle hande, geen lyding wat ons in die gesig staar ooit doelloos is nie, maak nie saak hoe dit op die oomblik lyk nie.
Hoeveel keer het God ‘n doel met gebeure wat sinneloos lyk wanneer dit gebeur?
Alle Dinge vir Ons Ewige Bestaan
Romeine 8:28is een van die treffendste stellings in die Bybel: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is” (Romeine 8:28). Hierdie konteks wys dat God se besorgdheid in ‘n kreunende, onstuimige wêreld is om sy kinders te vorm na die beeld van Christus. En Hy werk deur die uitdagende omstandighede van ons lewens om ons Christelikheid te ontwikkel.
In Genesis 50:20 in die Ou Testament (Romeine 8:28 in die Nuwe Testament) sê Josef vir sy broers (wie hom as slaaf verkoop het), “Julle het kwaad teen my beplan, maar God het iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur — om 'n groot volk aan die lewe te hou” (Genesis 50:20).
“God het iets goeds in gedagte gehad” dui daarop dat God nie bloot die beste van 'n slegte situasie gemaak het nie; eerder, ten volle bewus van wat Josef se broers sou doen, en vrylik toegelaat dat hulle sonde doen, het God bedoel dat die slegte situasie ten goede gebruik moet word. Hy het dit gedoen in ooreenstemming met sy plan van ewig af. God se kinders is “as erfgename uitverkies in Hom, voorbestem volgens die voorneme van die Een wat alles volgens sy raad en wil laat gebeur” (Efesiërs 1:11).
Niks omtrent God se werk in Josef se lewe dui daarop dat Hy enigsins anders in die lewens van sy ander kinders werk nie. Trouens, Romeine 8:28 en Efesiërs 1:11 is empaties dat Hy op dieselfde manier met ons werk.
Glo jy in die belofte van Romeine 8:28? Noem die ergste dinge wat al met jou gebeur het en vra jouself dan of jy God vertrou om daardie dinge tot jou beswil te gebruik. Die Bybel dring daarop aan dat Hy sal.
Die Geskenk van Ons Vertroue
As ons so dwaas is om aan te neem dat ons Vader geen reg op ons vertroue het tensy Hy sy oneindige wysheid heeltemal verstaanbaar maak nie, skep ons 'n onmoontlike situasie — nie as gevolg van sy beperkings nie, maar as gevolg van ons s'n (sien Jesaja 55:8–9).
Soos Josef uiteindelik ervaar het, gee God ons soms 'n kykie na sy redes. 'n Vriend van my was ‘n tyd gelede in 'n ernstige ongeluk en het deur 'n pynlike herstelproses gegaan. Maar dit het sy lewe gered. Mediese toetse het 'n onverwante toestand ontdek wat onmiddellike aandag nodig gehad het.
In hierdie geval het 'n belangrike rede vir die ongeluk duidelik geword. In ander gevalle weet ons nie wat die redes is nie. Maar gegewe alles wat ons nie weet nie, waarom neem ons aan dat ons onkunde oor die redes beteken dat daar geen redes is nie? Slegs God is in die posisie om te bepaal wat sinneloos is en wat nie. (Het die ondraaglike dood van Jesus nie destyds beide oorbodig en sinneloos voorgekom nie?)
‘n Voorsprong op Ewige Vreugde
Ek is vol vertroue dat Josef, as hy die opsie gehad het, van die verhoog sou afstap in God se storie terwyl hy sy beproewinge in die gesig gestaar het. In die middel van Job se storie — met tien kinders dood, sy liggaam bedek met swere, blykbaar deur God verlaat — vra hom of hy wil opgee. Ek ken sy antwoord, want in Job 3:11 het hy gesê, “Waarom is ek nie dood by geboorte nie? Waarom het ek nie gesterf toe ek uit die moederskoot gekom het nie?” (Job 3:11)
Maar nou is dit alles verby. Op die nuwe aarde wat kom, sit langs Job, Josef en Jesus by 'n oorvloedige feesmaal. Vra hulle: "Was dit regtig die moeite werd?"
“Absoluut,” sê Job. Josef knip empaties. Dis nie nodig om te wonder hoe Jesus sal reageer nie.
Ons sal ook eendag in hul groter konteks, met 'n ewige perspektief, God se ernstige genade sien, waarvan ons sommige nooit verstaan het nie, en ander wat ons kwaad gemaak het. Ons sal wonder waarom ons gebid het om meer soos Jesus te wees, maar toe God gesmeek het om te verwyder wat Hy gestuur het om daardie gebede te beantwoord.
Trusting God When the Pain Seems Pointless
I’ve written nine novels. Suppose you could interview characters from my books. If you asked them, “Would you like to suffer less?” I’m sure they’d answer, “Yes!”
I empathize with my characters. But as the author, I know that in the end all their suffering will be worth it, since it’s critical to their growth, and to the redemptive story.
God has written each of us into His story. We are part of something far greater than ourselves. God calls upon us to trust Him to weave that story together, so that, in the end that will never end, we will worship Him, slack-jawed at the sheer genius of His interwoven plot lines.
Pointless Pain?
But like my fictional characters, who are clueless to my strategies, we lack the perspective to see how parts of our lives fit into God’s overall plan. Cancer, disabilities, accidents, and other losses and sorrows appear devastatingly pointless. However, just because we don’t see any point in suffering doesn’t prove there is no point.
Joni Eareckson Tada is celebrating her fiftieth year in a wheelchair. Does celebrating seem the wrong word? It certainly would have to Joni as a 17-year-old desperately wanting to end her life. Yet looking back, we see her exponential character growth and the countless lives — my family’s included — God has touched through Joni. Scripture teaches us that in our sovereign God’s loving hands, no suffering we face is ever purposeless, no matter how it seems at the moment.
How many times does God have a purpose in events that seem senseless when they happen?
All Things for Our Eternal Good
Romans 8:28 is one of the most arresting statements in Scripture: “We know that for those who love God all things work together for good, for those who are called according to his purpose.” The context shows that in a groaning, heaving world, God’s concern is conforming His children to Christ’s image. And He works through the challenging circumstances of our lives to develop our Christlikeness.
In the Romans 8:28 of the Old Testament, Joseph said to his brothers (who’d sold him into slavery), “As for you, you meant evil against me, but God meant it for good, to bring it about that many people should be kept alive” (Genesis 50:20).
“God meant it for good” indicates God didn’t merely make the best of a bad situation; rather, fully aware of what Joseph’s brothers would do, and freely permitting their sin, God intended that the bad situation be used for good. He did so in accordance with His plan from eternity past. God’s children have “been predestined according to the purpose of him who works all things according to the counsel of his will” (Ephesians 1:11).
Nothing about God’s work in Joseph’s life suggests He works any differently in the lives of His other children. In fact, Romans 8:28 and Ephesians 1:11 are emphatic that He works the same way with us.
Do you believe the promise of Romans 8:28? Identify the worst things that have happened to you, and then ask yourself if you trust God to use those things for your good. The Bible asserts that He will.
The Gift of Our Trust
If we foolishly assume that our Father has no right to our trust unless He makes His infinite wisdom completely understandable, we create an impossible situation — not because of His limitations, because of ours (see Isaiah 55:8–9).
Occasionally, like Joseph eventually experienced, God gives us glimpses of His rationale. Some time ago, a friend of mine endured a serious accident and a painful recovery. But it saved his life. Medical tests revealed an unrelated condition that needed immediate attention.
In that case, a compelling reason for the accident became clear. In other cases, we don’t know the reasons. But given all that we don’t know, why do we assume our ignorance of the reasons means there are no reasons? Only God is in the position to determine what is and isn’t pointless. (Didn’t the excruciating death of Jesus appear both gratuitous and pointless at the time?)
A Head Start on Eternal Joy
Given the option while facing his trials, I’m confident Joseph would have walked off the stage of God’s story. In the middle of Job’s story — with ten children dead, his body covered in boils, apparently abandoned by God — ask him if he wants out. I know his answer because in Job 3:11 he said, “Why did I not perish at birth?”
But that’s all over now. On the coming New Earth, sit by Job and Joseph and Jesus at a lavish banquet. Ask them, “Was it really worth it?”
“Absolutely,” Job says. Joseph nods emphatically. No need to wonder how Jesus will respond.
One day, we too will see in their larger context, with an eternal perspective, God’s severe mercies, some of which we never understood, and others we resented. We’ll wonder why we prayed to be more like Jesus but then begged God to remove what He sent to answer those prayers.
“Therefore we do not give up. . . . For our momentary light affliction is producing for us an absolutely incomparable eternal weight of glory. So we do not focus on what is seen, but on what is unseen. For what is seen is temporary, but what is unseen is eternal” (2 Corinthians 4:16–18, CSB).
Faith is believing today what one day, in retrospect, we will see to have been true all along.
Let’s not wait until five minutes after we die to trust that God always has a point. Let’s learn to do it here and now, eyes locked on our gracious, sovereign, and ever-purposeful Redeemer.
“Daarom gee ons nie moed op nie, want selfs al vergaan ons uiterlike mens, word ons innerlike mens van dag tot dag vernuwe. Want ons ligte en tydelike verdrukking bewerk vir ons 'n gewigtige en allesoortreffende ewige heerlikheid, terwyl ons nie let op die sigbare nie, maar op die onsigbare dinge; want die sigbare is tydelik, die onsigbare ewig” (2 Korintiërs 4:16-18).
Geloof is om te glo dat ons eendag, wanneer ons terugkyk, sal sien dat dit alles toe waar was.
Ons moenie wag tot vyf minute nadat ons gesterf het om te vertrou dat God altyd 'n punt het nie. Kom ons leer om dit hier en nou te doen, oë gerig op ons genadige, soewereine en altyd doelgerigte Verlosser.